Wekom by Laerskool Stellenbosch
Skip Navigation LinksOns skool > Sport > Tennis
Tennis

Organiseerder: Heidi Such (082 699 1881)
Hoofafrigter: Cornel Smuts (082 3200 949)
Ander afrigters en/of spanbestuurders: Lelanie van der Berg, Renika Stramrood, Tiaan Ellis en Carlien Fourie.

Oefentye: (1ste en 4de Kwartaal)

Maandae:     14:30 -15:30 Dogters 1ste span
                     15:30 - 16:30 Gr.4-7 seuns
                     16:30 - 17:00 Gr.1-3 Dogters
                     17:00 - 17:30 Gr.1-3 Seuns

Dinsdae:       14:30 - 15:30 Gr.4-7 Dogters
                     15:30 - 16:30 Gr.4-7 Seuns

Woensdae:    13:20 - 14:20 Alle spanne (Sportperiode)
                       15:00 - 16:00 Gr.4-7 Dogters
                       16:00 - 16:30 Gr.1-3 Dogters
                       16:30 - 17:00 Gr.1-3 Seuns
                       17:00 - 18:00 Seuns 1ste span

Donderdae:     14:30 Liga wedstryde


Daar word deur die jaar aan verskeie toernooie deelgeneem. Ons 0/11 en 0/13 spelers neem in Maart aan die Eikestad Dubbelstoernooi deel. In Mei ding ons eerste 7 dogters in die Amanda Coetzer Toernooi in Bloemfontein mee. Verder neem ons jaarliks aan die Truida Kestell Toernooi (Bethlemen), die Gerrie Berner Toernooi (Paarl) en die KFC gemengde dubbels Toernooi (Kuilsriver) deel. Ons neem ook vanaf 2012 aan ‘n nuwe toernooi in Graaff-Reinet deel, naamlik die Matchpoint Laerskole Tennistoernooi. In 2013 het ons aan nuwe toernooie by Curro Durbanvilleen Laerskool Worcester-Noord deelgeneem.

Matchpoint Jocelyn Marais Tennistoernooi
Op 31 Oktober en 1 November het ons seuns en dogters tennisspanne aan die Jocelyn Marais tennistoernooi op Graaff-Reinett gaan deelneem. Beide spanne het pragtig presteer en tot die finale deurgedring waar hulle agv. reën nie die wedstryde kon voltooi nie. Beide spanne deel die eerste plek met onderskeidelik Eikestad se seuns en die dogters van Laerskool Willem Postma. Ons is ook baie trots op Rochelle Pienaar wat as die beste dogters speler aangewys is, baie geluk!  Soos altyd was ons vriendelik ontvang en baie bederf.  Ons wil vir Mnr. Willie Pienaar in besonder bedank vir sy gasvryheid tydens ons kuier op sy plaas. Die spanne was as volg: Rochelle Pienaar, Jana van Vreden, Elmarie Swanepoel en Ané Beukes. Seuns:  Paul Ellis, Carl Roothman, Francois van Zyl en Tjaart Esterhuyse.

 
Nefie-niggie tennissterre
Paul Ellis en Rochelle Pienaar het op 18 Oktoeber aan die KFC Gemengde Dubbels Tennistoernooi by Laerskool Mikro deelgeneem het. Die nefie-niggie kombinasie het stof in die ander skole se oë geskop en die toernooi loshande gewen!



Truida Kestell toernooi
Op Dinsdag, 5 Augustus, het vier onderwysers met sestien opgewonde spelers  na Behtlehem vertrek om aan een van die grootste nasionale tennistoernooie vir laerskole deel te neem. Die dogters A-span het uitstekende wedstryde gespeel en teen Oranje meisies in die finaal geëindig. Ongelukkig het die weer ons nie toegelaat om die finaal te speel nie. Die B-span seuns het groot deursettingsvermoë en sportmangees getoon en ook gelykop in die finaal teen Universitas geëindig.

 

A-span meisies
Rochelle Pienaar
Jana van Vreden
Elmarie Swanepoel
Ané Beukes
A-span seuns
Paul Ellis
Francois van Zyl
James Fourie
Alwo Dercksen
B-span meisies
Sophia Dercksen
Amy Henning
Anelda van Rensburg
Kara Steyn
B-span seuns
Tjaart Esterhuyse
Luca Norval
J.P. Verster
Wiaan Janse van Rensburg

CR van der Merwe toernooi
Die jaarlikse CR van der Merwe toernooi het op Donderdag, 4 September, afgeskop. Die toernooi is deur Curro privaatskool in Durbanville gehou. Stellies het twee A-spanne en twee B-spanne vir hierdie A-liga toernooi ingeskryf. Na afloop van die toernooi kon Stellies weer spog met hul A-span meisies wat vir die tweede jaar in ‘n ry die toernooi gewen het. Die seuns A-span het ‘n spoggerige tweede plek teen Grey behaal nadat hulle teen die nommer een in die land moes meeding. Die B-spanne het teen A-spanne gespeel en albei het in die sesde plek geëindig, ons is baie trots op hul deursettingsvermoë!
A-span meisies
Rochelle Pienaar
Jana van Vreden
Elmarie Swanepoel
Ané Beukes
Anouk Heuer
A-span seuns
Paul Ellis
Carl Roothman
Francois van Zyl
James Fourie
Luca Norval
B-span meisies
Amy Henning
Anelda van Rensburg
Pippa Theron
Kara Steyn
Catharina Swanepoel
B-span seuns
Wiaan Janse van Rensburg
Ingo Reuter
Luc Swart
Neil Rossouw
Dirkie Aldrich

Worcester-Noord:

Ons  0/11- seuns en dogters het 7-9 Maart 2014 vir die eerste keer aan die Worcester-Noord toernooi deelgeneem.
Ons is baie trots op beide spanne wat 'n  2de plek behaal het!
Baie geluk aan die volgende leerders met hierdie wonderlike prestasie:   
Leo Norval                 
Kara Steyn
Jean- Jacques Simonis          
Catharina Swanepoel
Kruger Steyn               
Ané Jooste
Luc van der Veen              
Jana Vorster



Eikestad-Dubbelstoernooi
 
Ons 0/13- en 0/11- seuns en dogters het hierdie kwartaal  aan die Prestige toernooi deelgeneem. Ons is baie trots op beide spanne. Ons 0/11's het 3de plek behaal en die 0/13's het die toernooi gewen! Baie geluk aan die volgende leerders met hierdie wonderlike prestasie:
O/13 Span
Paul Ellis            Rochelle Pienaar
Francois van Zyl      Jana van Vreden
Tjaart Esterhuyse     Elmarie Swanepoel
James Fourie          Ané Beukes
 
0/11 Span
Carl Roothman         Kara Steyn
JP Verster            Catharina Swanepoel
Dirkie Aldrich        Ané Jooste
Leo Norval            Jana Vorster



Amanda Coetzer
Laerskool Stellenbosch is baie trots op sewe van ons dogters wat vanaf die 22ste tot 24ste Mei in Bloemfontein aan die Amanda Coetzer tennistoernooi deelgeneem het. Hierdie leerders het ons skool se naam hoog gehou, en 'n pragitge derde plek behaal. Daar was groot kompetiese gewees maar ons kinders het mooi geveg tot die einde. Baie geluk aan Rochelle Pienaar, Jana van Vreden, Elmarie Swanepoel, Ane Beukes, Sophia Dercksen, Anouk Heuer en Pippa Theron


Boland Sentraal 2014
 

o/10 Seuns:  Dirkie Aldrich, Morkel van der Westhuizen, Carl Bekker, Louis Fourie
o/11 Seuns:  Carl Roothman, JP Verster
o/12 Seuns:  Ingo Reuter, Wiaan Janse van Rensburg
o/12 Dogters:  Anouk Heuer, Amy Henning, Anelda van Rensburg
o/13 Seuns:  Paul Ellis, Francois van Zyl, Alwo Dercksen, James Fourie, Tjaart Esterhuyse
o/13 Dogters:  Rochelle Pienaar, Jana van Vreden, Elmarie Swanepoel, Ané Beukes, Sophia Dercksen


2013 Prestasies:

Wilsonbeker Tennistoernooi

Ons twee eerste spanne het vanaf 18-22 Februarie 2013 by Sun City aan die Wilsonbeker Tennistoernooi deelgeneem. Die seuns het 'n uitstekende 2de plek behaal en die meisies 'n 3de plek. Ons is baie trots op ons spelers wat hulle puik op en vanaf die baan gedra het.

Die spanne het bestaan uit:
Daniël Rautenbach
Alex Aldrich
Paul Ellis
Sebastian du Preez
Meindert Vergeer
Rochelle Pienaar
Elmarie Swanepoel
Jana van Vreden
Ané Beukes
Rochán Simonis



Eikestad Dubbelstoernooi

Op 1 en 2 Maart het van ons spanne aan die Eikestad Dubblestoernooi deelgeneem. Die nuwe 0/11 span het 5de geëindig, terwyl die 0/13 span 'n pragtige 2de plek behaal het.
Baie geluk, ons is trots op elkeen van julle.

Amanda Coetzer-toernooi

Ons 7 beste dogterspelers het vanaf 16-18 Mei 2013 in Bloemfontein aan die Amanda Coetzer-toernooi deelgeneem. Elkeen van hulle het haar hart uitgespeel en ons het 'n pragtige 3de plek behaal. Baie geluk aan Rochelle Pienaar. Elmarie Swanepoel, Jana van Vreden. Ané Beukes, Rochan Simonis, Pippa Theron en Jenna van Eck. Ons was ook die enigste skool wat 2 nominasies vir die Sportmangees-prys ontvang het, nl. Elmarie en Pippa. Baie geluk en dankie aan elke dogter wat ons skool se naam hoog gehou het.

CR van der Merwe toernooi

Ons het op 5-7 September vir die eerste keer aan hierdie toernooi by Curro Durbanville deelgeneem.
2 Seuns - en 2 dogterspanne het ons verteenwoordig en hulle uitstekend van hulle taak gekwyt.

Die dogters A-span het die toernooi gewen en die Seuns A-span het 'n 2de plek behaal.
Ons B spanne het besonder goed gedoen, aangesien ons die enigste skool was wat B-spanne gestuur het. Die dogters het 4de en die seuns 7de geëindig.

Baie geluk aan elkeen van hierdie spelers.




KFC Gemengde Dubbelstoernooi
Op 4 en 5 Oktober het Rochelle Pienaar en Alex Aldrich in die KFC gemengde dubblestoernooi by Laerskool Mikro deelgeneem.  Nadat hulle teen Beaumont verloor het, het hulle in die Plaatkompetisie gespeel en eerste geëindig.  Ons is trots op hulle goeie sportmangees en deursettingsvermoë.


Gerrie Berner toernooi
Die Gerrie Berner toernooi het vanaf 10-12 Oktober in Paarl plaasgevind. Ons spelers het weer eens die skool se naam hoog gehou en beide die seuns- en die dogterspan het tot die finaal deurgedring. Ongelukkig het slegte weer verhoud dat die toernooi klaar gespeel kon word en was die resultate onbeslis. Die volgende spelers het aan die toernooi deelgeneem:
Seuns:    Alex Aldrich, Daniël Rautenbach, Paul Ellis, Sebastian du Preez, Reinhardt  van Schalkwyk, Meindert Vergeer en Francois van Zyl.
Dogters:  Rochelle Pienaar, Elmarie Swanepoel, Jana van Vreden, Ané Beukes, Rochán Simonis, Anouk Heuer en Jenna van Eck.

o/10 Worcester-Noord toernooi
Ons o/10 seuns- en dogterspan was ingeskryf om aan hierdie nuwe toernooi op 12 Oktober 2013 deel te neem, maar die toernooi is as gevolg van slegte weer na volgende jaar uitgestel.

Jocelyn Marais Matchpoint toernooi
Op 1 en 2 November het ons top 4 seuns en dogters in hierdie toernooi in Graaff-Reinet gespeel.  Ons was die enigste skool wat twee spanne in die finaal gehad het, en beide ons spanne het tweede geëindig. Ons is baie trots op elke speler wat ons skool se naam so hoog gehou het.  Die spelers wat ons verteenwoordig het, is: 
Alex Aldrich
Daniël Rautenbach
Paul Ellis
Sebastian du Preez
Rochelle Pienaar
Elmarie Swanepoel
Jana van Vreden
Rochán Simonis


2012 Prestasies

•    Wilsonbeker Tennistoernooi:
Die Wilsonbeker Tennistoernooi het vanaf 20 tot 24 Februarie 2012 by Sun City plaasgevind.  Die jaar is op ‘n hoë noot begin met die eerste plek van die seuns en ‘n gesamentlike oorwinning deur die dogterspan. Die twee spanne het bestaan uit: Rossouw Norval, Marcel van der Merwe, Phillip Ellis, Le Roux Klopper, Daniël Rautenbach, Minette van Vreden, Emma Wood, Leigh Smit, Chandré Janeke en Rochelle Pienaar. Hulle is deur mnr. Cornel Smuts en juf. Heidi Such vergesel.

•    Eikestad Dubbels toernooi:
Ons 0/11 dubbelspanne het ‘n algehele 3de plek by hierdie toernooi op 2 en 3 Maart 2012 behaal.

•    Amanda Coetzer-toernooi:
Laerskool Stellenbosch se eerste dogter span het vanaf Donderdag,10 -13 Mei 2012 aan die Amanda Coetzer Tennistoernooi deelgeneem.  Dit het in Bloemfontein plaasgevind met Mcdonalds as die hoofborg van die toernooi. Hierdie jaar was ons geseënd met lekker warm weer en heerlike verblyf in die Oranje Meisieskool koshuis.  Elke speler het hulle goed van hul taak gekwyt.  Die sewe dogters wat ons verteenwoordig het was: Minette van Vreden, Emma Wood,  Leigh Smit, Chandré Janeke, Rochelle Pienaar, Elmarie Swanepoel en Rochan Simonis. Mnr. Cornel Smuts is hul afrigter en juf. Lelanie van der Berg die Spanbestuurder.
Daar was ses skole wat aan die toernooi deelgeneem het en Stellies het die Silwermedalje verower met Oranje van Bloemfontein wat die Toernooi  gewen het.


•    Truida Kestell Tennistoernooi:
Ons het hierdie jaar weer vier spanne vir die toernooi ingeskryf. Dit het in Bethlehem plaasgevind vanaf 8 – 11 Augustus 2012. Ons seuns A en B, sowel as meisies A en B spanne het uitstekend in hulle afdelings gevaar. Uit 69 spanne teenwoordig, het al 4 ons spanne in die onderskeie finale gespeel! Dit is die eerste keer dat ‘n skool dit kon regkry! Die seuns B span het as oorwinnaars uit die stryd getree, terwyl die ander almal 2de plekke behaal het. Die spanne het bestaan uit:



Seuns A (Mnr. Cornel Smuts)
Rossouw Norval
Marcel van der Merwe
Philip Ellis
Le Roux Kloppers

Seuns B (Mev. Heidi Such)
Alex Aldrich
Daniël Rautenbach
Johan Gillomee
Paul Ellis

Dogters A (Me. Lelanie van der Berg)
Minette van Vreden
Emma Wood
Leigh Smit
Chandré Janeke

Dogters B (Mev. Maché Joubert)
Rochelle Pienaar
Elmarie Swanepoel
Jana van Vreden
Ané Beukes

Welgedaan Stellies, Ons is trots op julle!
 

  • KFC Gemengde dubbelstoernooi

Rossouw Norval en Minette van Vreden het gedurende September 2012 aan hierdie toernooi by Mikro in Kuilsrivier, deelgeneem. Hulle het uitstekend gevaar en die toernooi gewen!

 

  • Gerrie Berner Tennistoernooi


Twee van ons tennisspanne het van 11- 13 Oktober aan die Gerrie Berner Tennistoernooi in Paarl gaan deelneem.
Die spelers en opvoeders wat ons by die toernooi verteenwoordig het was;
 

  • Seuns (Mnr. Cornel Smuts)

Rossouw Norval
Marcel van der Merwe
Phillip Ellis, Le Roux Kloppers
Alex Aldrich
Paul Ellis
Johan Giliomee
 

  • Meisies (Mej. Lelanie van der Berg)

Minette van Vreden
Emma Wood
Leigh Smit
Chandré Janeke
Rochelle Pienaar
Elmarie Swanepoel
Jana van Vreden

Albei spanne het deurgedring na die finale rondte. Om tot die finale rondte deur te dring moes elke speler hul stelle wen.
Spanne regoor Suid-Afrika, het deelgeneem aan die toernooi.
Die meisiespan het die brons medalje gewen en die seuns het vir die 4de keer as die oorwinnaars uit die stryd getree.
Baie geluk Stellies.

 

  • Matchpoint tennistoernooi

 

Ons eerste 4 seuns-en dogterspelers het die 2de en 3de November 2012 aan 'n nuwe toernooi in Graaff-Reinet deelgeneem. Hullle het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt en hulle gedrag was onberispelik op en van die baan. Baie geluk aan Minette van Vreden, Emma Wood, Leigh Smit, Chandré Janeke, Rossouw Norval, Marvel vd Merwe, Philip Ellis en Le Roux Kloppers, wat as seuns – en dogterskampioene gekroon is!

 


2011 Prestasies:
•    Wilson Sun City Toernooi 2011:
Dogters wen en seuns behaal ‘n 2de plek

•    Amanda Coetzer Toernooi 2011:
Eindig as naaswenners

•    Truida-Kestell Toernooi 2011:
Dogters A en B-span, sowel as seuns B-span wen hulle afdelings
   
•    KFC Gemengde dubbelstoernooi:
Behaal ‘n 3de plek.


•    Gerrie Berner-toernooi:
Seuns en dogters wen die toernooi.

•    Boland- en SA-spelers en individuele prestasies:
Verskeie spelers het ook aan provinsiale en individuele toernooie deelgeneem en het goed gevaar by hierdie toernooie. Die spelers is as volg:


Boland Sentraal 2013:

0/10 Seuns:    Leo Norval
0/10 Dogters:  Catharina Swanepoel
0/11 Seuns:    Wiaan Janse van Rensburg, Strauss Viljoen
0/11 Dogters:  Anouk Heuer, Amy Henning, Anelda van Rensburg
0/12 Seuns:    Paul Ellis, Alwo Dercksen, Francois van Zyl, James Fourie
0/12 Dogters:  Rochelle Pienaar, Jana van Vreden, Elmarie Swanepoel, Ané Beukes, Jenna van Eck, Sophia Dercksen
0/13 Seuns:    Sebastian du Preez, Alex Aldrich, Meindert Vergeer
0/13 Dogters:  Rochán Simonis


Boland spanne 2013:

Seuns:    Paul Ellis, Alwo Dercksen, Daniël Rautenbach
Dogters:  Anouk Heuer, Rochelle Pienaar, Jana van Vreden, Sophia Dercksen
                                                              

 

Die volgende is van toepassing op die spanspelers:

1. Alle oefeninge MOET bygewoon word: spelers moet asb STIPTELIK wees.
2. Geen speler mag sonder 'n verskoning wegbly nie. Indien jy 'n probleem het moet jy dit self vooraf met die betrokke opvoeder bespreek sodat alternatiewe reëlings getref kan word. Boodskappe wat deur maats gegee word, sal nie aanvaar word nie.
3. Spelers wat versuim om spanoefening by te woon of wat meer as een maal laat vir 'n oefening opdaag, mag moontlik 'n wedstryd verbeur.
4. Wedstryde moet in korrekte sportdrag plaasvind. Slegs skoolpette of spierwit pette sal aanvaar word.
5. Wedstrydbriefies sal op die laatste op 'n Dinsdag voor die Donderdagwedstryd uitgedeel word. Dit is spelers se plig om te verseker dat die briefies by hul ouers uitkom!
6. Ons wegwedstryde is meestal in Paarl en Wellington en daar MOET direk na skool vertrek word anders kan die dag baie lank en laat raak. Daar kan nie vir spelers gewag word wat na skool eers huis toe moet gaan om klere of kos te kry nie.
7. Spelers wat wegwedstryde speel, MOET gedurende 2de pouse hul tennisklere aantrek. Ouers kan dus nie na skool eers klere bring wat moontlik vergeet is nie.
8. Daar word altyd vir wegwedstryde vervoer gereël. Maak asseblief seker van die inligting en as jy NIE saam met die gereëlde vervoer gaan ry nie, met ander woorde as jou ouers dalk self vir jou gaan vervoer, MOET die betrokke opvoeder ten minste 'n dag voor die tyd in kennis gestel word, sodat onnodige tyd nie vermors word deur vir spelers te wag wat alreeds vertrek het of om hulle te bel nie.
9. Wedstryde wat op Dagbreekbane plaasvind word nie as wegwedstryde beskou nie. Indien jy 'n probleem het om self daar te kom, kontak gerus die betrokke opvoeder - 'n geleentheid na die bane sal vir jou gereël word.
10. Daar mag GEEN ouer- of maats inmenging in 'n wedstryd plaasvind nie. Soms lyk dit van buite of 'n verkeerde baanbeslissing gegee is, maar dit is teen tennisetiket om in te meng. Spelers word geleer dat indien HULLE nie tevrede is met baanbeslissings nie, is dit hul volle reg om vir 'n skeidsregter te vra.  
11. Aangesien tenniswedstryde as 'n spansport beskou word, word van spelers verwag om by die baan te bly totdat die laaste wedstryd voltooi is en sodoende hul spanmaats te ondersteun. Indien daar geldige redes is om vroeër te vertrek, kan dit met die spanbestuurder bespreek word.
12. Indien daar enige navrae of probleme is, kontak gerus die betrokke opvoeder. Probleme sal egter nie voor spelers en te aanhore van die res van die span en opponente bespreek word nie.
13. Met wegwedstryde rus die onus op die gasskool om te besluit in watter volgorde wedstryde gespeel word.
14. Die fokus op wedstryde is om as span tennis te speel vir die genot van die spel. Speel altyd om te wen, maar solank jy positief bly, dit geniet en jou beste probeer sal jy, en tennis, beslis as die WENNER uit die stryd tree!


Tennis Etiket

Etiket en gedrag van spelers:
Spanspelers moet ten alle tye korrek geklee wees.

1. Groet jou opponent, asook die spanbestuurder en volwassenes teenwoordig.
2. Rakette mag nie gegooi of gekap word nie.
3. Balle mag nie na drade of enige voorwerp in woede geslaan word nie.
4. Bal-beslissings moet HARDOP en dadelik, nadat die bal gebons het, aangekondig word.
5. Tellings moet HARDOP na elke punt aangekondig word. Jy moet TEN ALLE TYE weet wat die telling is.
6. Daar mag nie geskree word nie, onwelvoeglike taal mag ook nie gebruik word nie.
7. Wanneer 'n skeidsregter teenwoordig is, word daar nie met hom/haar gestry nie, sy besluite is finaal en word so aanvaar.
8. Opponente word hoflik behandel, wag vir hulle by die net met ruil van kante en wanneer die wedstryd klaar is, word hand geskud en die baan saam verlaat, opponente en meisies eerste.
9. Met spanwedstryde word spelers deur die res van die span wat nie speel nie ondersteun en niemand verlaat die bane tot almal klaar is nie.
10.Opponente en spanbestuurders word na die wedstryd bedank en gegroet.

Etiket en optrede van ouers:

1. Ouers word aangemoedig om hande te klap vir goeie tennis - nie net vir jou eie kind of spanmaat nie.
2.  Daar word nie hande geklap vir onnodige foute en swak spel van opponente nie.
3. Geen afrigting deur die ouer word toegelaat gedurende 'n wedstryd nie; ook geen kommunikasie nie.
4. Ouers moet nie te naby die baan sit waar hul kind speel nie, verkieslik  ten minste 1 baan weg.
5. Ouers mag nie fisies op die baan gaan nie, nie eers om water te voorsien nie.
6. Geen aanmerking of raad mag gedurende die wedstryd gemaak word nie.
7. Afrigter besluit oor spansamestellings en sy besluit is finaal en ononderhandelbaar.
8. Afrigter en spanbestuurder is verantwoordelik vir die spelers: vir hul etes, slaaptye, ens. Geen kind mag verwyder word sonder die toestemming van die afrigter of spanbestuurder nie.
9. Indien nodig sal hulp van ouers gevra word deur die afrigter en spanbestuurder.
10. Indien 'n ouer probleme opmerk word dit onder die aandag van die afrigter of spanbestuurder gebring en sal die besluit by hulle berus oor watter optrede gewens is. Bogenoemde is riglyne om dit vir spelers moontlik te maak om optimaal as span te funksioneer, asook om gedurende wedstryde op hul spel te konsentreer ten einde hul beste te lewer en nie aandag hoef te gee aan ouers se opdragte of lyftaal nie.                                                                        

Skip Navigation LinksOns skool > Sport > Tennis
Vorige Bladsy
Bookmark and Share
01 Desember 2014 - EKSAMEN...
...............................................................................
02 Desember 2014 - Eekhorinkies musiekk...
...............................................................................
04 Desember 2014 - Lofprysingsaand...
- Netbal
.....................................................
- Facebook vriende van Laerskool Stellenbosch
.....................................................
- Cami
 

Laerskool Stellenbosch Dagboek

 
      Home | Browser | Disclaimer | Privacy Policy | CMS | Webmaster
      © 2010 Laerskool Stellenbosch
Chillies